Namibiese damme saam 53,7% vol

Namibië se damme is tans gesamentlik 53,7 persent vol teenoor verlede seisoen se 23,7 persent. Volgens die weeklikse dambulletin van NamWater, staan die sentrale streek se gesamentlike damvlakke op 65,8 persent met die Von Bachdam wat 48,8 persent vol is teenoor verlede seisoen se 76,9 persent. Die Suide-damme staan gesamentlik op 59,6 persent teenoor verlede jaar se 20 persent. Altesaam 1,794 miljoen kubieke meter is uit die Hardapdam onttrek en 1,015 miljoen kubieke meter uit die Nautedam. Landbou-kenner Wally Roux verduidelik waarom.