Namibiese damme is saam 82,3% vol

Namibiese damme is tans gesamentlik 82,3 persent vol, teenoor verlede jaar se 85 persent die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is sentrale gesamentlik 59,2 persent vol teenoor verlede jaar se 85,7 persent. Die Swakoppoortdam is 91,3 persent vol en die Von Bachdam is 51,1 persent teenoor verlede jaar se 85,7 persent. Geen kommer heers oor Suide-damme nie met die Neckartaldam wat 98,9 persent vol is en die Nautedam 98,5 persent.