Namibiese Cuatir kry Etjo-olifante in Angola

Mount Etjo Safari Lodge het sewe van sy 50 olifante gevang en na die Cuatir-reservaat in Angola verskuif. In ‘n verklaring deur Alexander en Annette Oelofse is die besluit aangedryf deur die heersende droogte en in die komende weke sal nog tien tot 20 diere hervestig word. Cuatir is ‘n 40 000 hektaar privaatwildreservaat wat deur die Namibiër Stefan van Wyk besit word. Dit word as ‘n luukse bestemming vir toeriste geag en met die hervestiging, is dit die eerste keer in meer as 50 jaar wat Cuatir weer olifante sal hê.