Namibiese bouler speel in VAE T20-liga

Die 24-jarige Namibiese linkerarm-bouler, Ruben Trumpelmann, het die eerste Namibiese krieketspeler geword wat in die Verenigde Arabiese Emirate se nuutgestigte Internasionale T20-liga opgeneem is, ‘n sesspan-kompetisie wat in Januarie volgende jaar van stapel gestuur word. Trumpelmann sal by die Desert Vipers aansluit, wat ook onder andere die Engelse internasionale spelers, Sam Billings, Alex Hales en Tom Curran, Nieu-Seeland se Colin Munro en Nepal-draaibouler Sandeep Lamichhane gekies het.