Namibiese boere rou vandag vir Geingob

Luidens plaaslike berigte het wyle president Hage Geingob beplan om ná sy ampstermyn as president, as boer af te tree. Die landbou-ministerie het dus ‘n gedenkdiens vandag in Rietfontein gereël vir alle boere en instansies wat met landbou verband hou. Kommunale, hervestigde en kommersiële boere gaan die diens bywoon, asook verteenwoordigers van vele ander instansies. Kosmos 94.1 Nuus het met die landbou-ministerie se woordvoerder, Jona Musheko gepraat wat ‘n oorsig gee …