Namibiese boere het toegang tot markte nodig – WFP

Die hoof van die Wêreld-voedselprogram in Namibië, Daison Ngizari, het gesê toegang tot groot markte vir landbouprodukte, bly deurslaggewend. Ngizari sê daadwerklike optrede is nodig vir voedselsekerheid om honger-uitdagings te bekamp en Namibië kan dit net doen deur plaaslike boere toegang tot markte te gee. Hy sê Namibië voer 70 persent van ons kos uit Suid-Afrika in, maar daar is potensiaal in plaaslike produksie. Die geleenthede vir die regering om plaaslike landbouprodukte te ondersteun is volgens Ngizari baie beperk en produkte gaan tot niet omdat daar ‘n gebrek aan infrastruktuur soos veilige bergingsgeriewe is.