Namibiese beesvleis maak eie, en deel van Bots se kwota, vol

Namibiese beesvleisuitvoerders het ten volle gebruik gemaak van Namibië se 50 persent aandeel, oftewel, 1 600 ton, van die beskikbare uitvoerkwota na Noorweë. Dit is ten spyte van ‘n aansienlike afname in beesvleisbemarkingsgetalle gedurende die jaar 2021. Die Namibiese Landbou-unie sê aangesien die kwota gesamentlik deur Noorweë aan Namibië en Botswana toegeken is, en dat Botswana nie hul 50 persent aandeel van die 3 200 ton kon benut nie, kon Namibië ook daardie tekort van ongeveer 700 ton bykomend aanvul. Die Noorse mark is ‘n uiters winsgewende mark vir Namibië. Die uitvoerkwota is belastingvry en word op ‘n gelyke basis tussen die twee lande gedeel.