Namibiese atlete op pad na Paralimpiese Spele in Parys

Vyf baan- en veldatlete sal Namibië by die Paralimpiese Spele verteenwoordig. Dit word van 28 Augustus tot 8 September in Parys gehou. Die atlete is Ananias Shikongo, Chris Kinda, Johannes Nambala, Lahja Ishitile en Petrus Karuli, en hul hardloop-gidse. Sowat 4 400 atlete sal hul slag wys in 22 sportkodes en 23 dissiplines, met individuele deelname sowel as spansport. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Namibiese sekretaris-generaal van die Paralimpiese Komitee, Michael Hamukwaya, wat sê die spanne is gereed en sal vandeesweek vertrek.