Namibiese arbeidsministerie wil kinderarbeid bekamp

Namibië het ‘n totaal van tien kinderarbeid-sake tussen 2015 en 2021 aangeteken. In die Kunene-, Omusati- en Ohangwena-streke is elk een saak aangeteken, terwyl die Kavango-Wes- en Kavango-Oos-streke onderskeidelik vier en drie aangeteken het. Dit is volgens statistieke verskaf deur die arbeidsministerie. Albius Mwiya, die waarnemende uitvoerende direkteur in die ministerie, het gesê dat dit opgemerk is deur roetine-werkplek-inspeksies deur arbeidsinspekteurs wat vasgestel het dat kinderarbeid in die huishoudelike, landbou- en ekonomiese sektore voorkom. ‘n Afvaardiging onder leiding van die adjunkminister Hafeni Ndemula het ‘n konferensie oor die bekamping van kinderarbeid in Afrika in Durban in Suid-Afrika bygewoon.