Namibiese arbeidsministerie stel Nasionale Beroepsveiligheid- en Gesondheidsbeleid bekend

Die Namibiese arbeidsministerie gaan vandag die Nasionale Beroepsveiligheid- en Gesondheidsbeleid bekend stel. Dit sal as raamwerk dien om die huidige situasie van beroepsveiligheid en –gesondheid in Namibië te verbeter. Die ministerie het ook die Wetlike Gaping Analise-verslag voltooi wat inligting oor gapings tussen bestaande nasionale wette, regulasies, beleide en programme en internasionale protokolle verskaf. Aune Mudjanima, direkteur van arbeidsdienste, verantwoordelik vir beroepsveiligheid en -gesondheid, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.