Namibiese Aandelebeurs word lid van wêreldliggaam

Die Namibiese Aandelebeurs, die NSX, is toegelaat as ‘n volle lid van die World Federation of Exchanges, een van slegs 12 aandelebeurse in Afrika met hierdie status. Tiaan Bazuin, uitvoerende hoof van NSX sê volledige lidmaatskap van die wêreldliggaam sal verder bydra tot die NSX se visie van ekonomiese groei en welvaart. Hy sê dit sal die Namibiese mark oopmaak vir ’n groter internasionale beleggingspoel. Bazuin het sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.