Namibiërs verskyn weer oor Phala Phala

Die drie Namibiërs wat aangekla is in verband met die diefstal van miljoene in buitelandse valuta op president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in 2020, het weer vlugtig in die Limpopo streekshof verskyn. Imanuwela David, Ndilinasho Joseph en Froliana Joseph staan tereg op aanklagte wat huisbraak en diefstal insluit. Die saak is tot 26 November uitgestel. Die Joseph sibbe se borgtog is verleng, terwyl David in aanhouding bly.