Namibiërs takel P750 Opblaas-kragboot Wêreldkampioenskappe

Die P750 Opblaas-kragboot Wêreldkampioenskappe vind tans plaas in Gqeberha, of Port Elizabeth. ‘n Span Namibiërs van Windhoek en Swakopmund neem op eie stoom deel, aangesien die land nie tans ‘n beheerliggaam of wedren-raamwerk het nie. Die span, die Lighthouse Group, bestaan uit vier lede, onder aanvoering van die bestuurder, Leon Smith. Die bemanning is die loods, Quinton Liebenberg, en sy vrou Karen Robin Till, die mede-loods, terwyl Ethan Lindeque assisteer. Kosmos 94.1 Nuus het met Leon Smit gesels. Hy sê hulle het tegniese probleme ondervind, maar is positief oor die volgende deel van die kompetisie.