Namibiërs misbruik asielstelsel in VK

Die regerings van Namibië en die Verenigde Koninkryk probeer redes vind vir die toenemende aantal jong Namibiërs wat na die VK gaan om vir asiel aansoek te doen. Die Britse hoëkommissaris in Namibië, Charles Moore het tydens ‘n hoflikheidsbesoek aan Staatshuis gesê ‘n groot aantal Namibiërs gaan steeds na die VK om vir asiel aansoek te doen. In September verlede jaar het Moore reeds sy kommer uitgespreek oor die talle jong Namibiërs wat in die VK opdaag en asiel eis om werksgeleenthede te verseker. Hy het  beklemtoon dat asiel nie vir mense is wat werk in die VK soek nie en dat Namibiërs die stelsel misbruik. Volgens Moore het Namibië op ‘n stadium verlede die meeste assielsoekers in die VK gehad. Die IPC se nasionale voorsitter, Brian Black het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gesê hierdie jongmense gaan weg weens ‘n gebrek aan werksgeleenthede…