Namibiërs ‘getraumatiseer deur Botswana Weermag’

Die Namibiese Weermag en die Botswana Weermag het ‘n siviel-militêre samewerkingsplan onderteken. Dit het ten doel om gemeenskappe wat langs die Namibië en Botswana-grense woon, sensitief te maak vir wettige bewegings in die gebiede. Dit wil ook die verhouding tussen die twee partye verbeter. In die mees onlangse voorval in 2021 is twee Namibiese broers en hul Zambiese neef na bewering deur soldate van Botswana doodgeskiet terwyl hulle in die Choberivier visgevang het. Dit was nadat ’n grensverdrag in 2018 deur wyle president Hage Geingob met Botswana onderteken is. Kosmos 94.1 Nuus het met Sinvula Mudabeti van die Namibia Lives Matter Movement gesels oor hoe Namibiërs op die siviel-militêre samewerkingsplan sal reageer.