Namibiër tot Unesco interregeringskomitee verkies

Dr. Immolatrix Geingos is as die voorsitter van die gesogte Unesco interregeringskomitee oor bio-etiek aangewys, wat individue kies op grond van hul tegniese kundigheid en vertroudheid met Unesco-prosedures. Sy kwalifiseer op grond van haar meestersgraad in biotegnologie-reg en etiek en ‘n doktersgraad in internasionale reg. Geingos het ook ses jaar se ervaring by Unesco. Die Namibiese ambassadeur in Frankryk, dr. Albertus Aochamub, wens haar geluk en sê Afrika en Namibië is trots op hierdie prestasie van haar.