Namibiër sterf in Tanzanië, dood word ondersoek

’n Namibiese burger het in Dar es Salaam, Tanzanië, gesterf nadat hy glo selfmoord gepleeg het deur van die 9de verdieping van ’n gebou af te spring. Leo Kalunduka se dood is deur die Namibiese buitelandse sending in Tanzanië bevestig. Ambassadeur Lebbius Tobias kon egter nie die selfmoord bevestig nie en sê dat polisieondersoeke nog aan die gang is om die omstandighede rondom die sterfte vas te stel. Die ambassadeur sê hy het die liggaam gaan uitken en dat reëlings begin is om dit na Namibië te repatrieer. Hy het sy medelye met Kalunduka se familie betuig.