Namibiër in Brittanje steek na bewering sy Namibiese meisie dood

’n Namibiese man sal na verwagting vandag in die Hull-landdroshof in Brittanje verskyn op ‘n aanklag van moord op sy 22-jarige Namibiese meisie. Die Humberside-polisie sê op Facebook ’n moordondersoek vind plaas ná die dood van die vrou vroeg Vrydagoggend in Hull. Die polisie het haar met steekwonde aangetref en sy is na ‘n hospitaal geneem, waar sy aan haar beserings beswyk het. Die 28-jarige man het van die toneel gevlug maar is ‘n rukkie later aangekeer en is aangekla van moord en die besit van ‘n lem-artikel in ‘n openbare plek.