Namibiër berig uit Soedan oor gevegte
‘n Namibiër in Soedan het haar ervaring oor die konflik in die land gedeel. Gevegte tussen die Soedannese weermag en ‘n paramilitêre groep, die RSF duur vandag vir ‘n vierde dag in die hoofstad, Khartoem voort. Volgens die Verenigde Nasies is minstens 185 mense sover tydens die gevegte dood, en meer as 1 800 is beseer. ‘n Namibiese burger wat onderwys in Soedan gee, Minette van der Bijl het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…