Namibië-Zambië oorgrensmisdaad steeds ‘n bekommernis

Die Namibië-Zambië Gesamentlike Kommissie oor Verdediging en Sekuriteitsake het by ‘n vergadering aangekondig dat hulle steeds bekommerd is oor oorgrensmisdaad. Die misdade gaan onverpoosd voort weens die poreuse aard van die grens tussen die twee lande. Daar is ook nie genoeg polisie-beamptes om die grens te beveilig nie. Die Namibiese verdedigingminister, Frans Kapofi, het by die vergadering die misdade wat gereeld voorkom uiteengesit.