Namibië word warmer, nes res van die wêreld
Wêreldwyd was die gemiddelde oppervlak lugtemperatuur in Oktober 0,8 grade Celsius bo die 1991-2020 gemiddelde vir die maand. Die gemiddelde oppervlak lugtemperatuur in Namibië was 23,9 grade Celsius in Oktober, 0,6 grade bo die Oktober 1991-2020 gemiddelde. Die grootste deel van die land het warmer temperature bo 23 grade aangeteken. Die noordelike dele van die Kunene-, Omusati- en westelike Ohangwena-streke het bogemiddelde temperature ervaar wat van 1,5 grade Celsius tot 3,5 grade bo die 1990-2020-gemiddelde gewissel het. In die Windhoek-area en plekke in die suidelike Namib is 2 grade Celsius bo die langtermyngemiddeld waargeneem.