Namibië word deursigtig bekou maar landsburgers ervaar iets anders
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing hou hul vierde Integriteit Namibië, Teenkorrupsie-konferensie by die Kavango River Lodge in Rundu. Die doel is om gemeenskappe teen korrupsie te mobiliseer. By die geleentheid het die voorsitter van die Nasionale Raad, Victoria Kauma, gesê Namibië word gesien as ‘n land van deursigtigheid en min korrupsie, maar inwoners se ervarings is dikwels anders.