Namibië, VSA teken hernubare energie-ooreenkoms
Namibië is ‘n stap nader aan sy doelwit om ‘n streekleier in hernubare energie te word, na die ondertekening van ‘n memorandum van verstandhouding met Amerika. Die vyf-jaar ooreenkoms poog om samewerking tussen die twee lande in die hernubare energiesektor te verbeter. Die myne en energie-ministerie en die VSA se Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling, USAID, se Power Africa-inisiatief sal toesig hou oor die ooreenkoms. Power Africa is instrumenteel in die uitbreiding van toegang tot volhoubare energie regoor Afrika, en sal ‘n strategiese rol speel in die bevordering van Namibië se hernubare energieprojekte.