Namibië vry na beleggings in Kaapstad

Namibië se konsul-generaal in Kaapstad, Selma Nghinamundova, sê Namibië tel onder die nasies wat van die mees gesogte minerale wêreldwyd het wat as kritieke insette in groen tegnologie beskou word. Sy het namens myne en energie-minister Tom Alweendo gepraat by die ‘Investing in Africa’ mynbou-indaba in Kaapstad, en bygevoeg dat Namibië ook toegerus is met natuurlike wind- en sonkragbronne. Sy sê dit is een van die mees mededingende bestemmings ter wêreld met potensiaal om ‘n produsent en uitvoerder van groen-waterstof te word. Die land se behoorlike inagneming van omgewings-, maatskaplike en bestuursfaktore dryf ook beleggersvertroue om sake te doen in die Namibiese mineralesektor.