Namibië voer N$405 in ys en roomys uit
Die handelsbulletin vir September is deur die Namibiese Statistieke-agentskap bekendgestel. Oudergewoonte, soos elke maand, is diamante, uraan, nie-monetêre goud en petroleum olies, saam met vis, die top-uitvoere. Die handelstekort het gestyg tot 5,8 miljard Namibiese dollar, op van 3,6 miljard dollar in Augustus. Die kommoditeit van die maand is roomys en eetbare ys. Namibië het die goedere tot ‘n waarde van 9,8 miljoen dollar ingevoer en die uitvoere hiervan? Dit staan op 405 dollar.