Namibië vier Wêreld-musiekdag in vier dorpe

Namibië vier môre die 26ste herdenking van Wêreld-musiekdag. Die Franco-Namibiese Kultuur-sentrum organiseer die afgelope 26 jaar ‘n gratis dag van musiekuitvoerings in Windhoek tydens Wêreld-musiekdag. Môre sal ander dorpe ook aan dié dag deelneem, soos Katima Mulilo, Otjiwarongo en Rundu, wat verskeie kunstenaars sal insluit. Hierdie jaar verwelkom die kultuursentrum ‘n mengsel van opkomende plaaslike talent regoor die land vir ‘n hele dag om musiek te vier. Toegang is gratis.