Namibië verwelkom lasbriewe teen Bibi, Gallant
Namibië verwelkom die Internasionale Strafhof se uitreiking van lasbriewe vir inhegtenisneming van die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, en die voormalige verdedigingminister Yoav Gallant. Die verklaring, uitgereik deur die internasionale betrekkinge-ministerie, noem egter nie dieselfde lasbrief wat uitgereik is vir Hamas se militêre leier, Mohammed Deif nie. Die ministerie sê dit demonstreer dat die Palestynse volk geregtigheid verdien. Die lasbriewe moet beskou word as ‘n verpligting om rekenskap te gee van diegene wat verantwoordelik is vir misdade. Namibië doen ‘n beroep op alle VN-lidlande om met die Internasionale Strafhof saam te werk om die oortreders voor die gereg te bring.