Namibië vergader met Botswana oor korrupsie

Namibië en Botswana het ‘n tweedaagse vergadering belê om onder meer leemtes in die bekamping van korrupsie in beide lande aan te pak, na ‘n ooreenkoms wat in 2021 onderteken is. Botswana se Direktoraat vir Korrupsie en Ekonomiese Misdaad en Namibië se Teenkorrupsie-kommissie sal ‘n werksplan opstel en beste praktyke deel om korrupsie te beveg. Die hoof van Botswana se afvaardiging, Sethunya Rathedi-Motswetla, sê van die korrupsie wat aangespreek moet word, is omkopery en diefstal van regeringsbates.