Namibië trek aan kortste end by Oranjerivier

Die water situasie in Namibië lyk nie asof dit enigsins beter sal word nie. Die watervlakke by Blouputs en Sendelingsdrif in die benede Oranjerivier is hierdie somer al konstant laag en het gedaal tot 63cm en 59cm, volgens die nuutste hidrologiese verslag. Landbouminister Calle Schlettwein het by die ministerie se hersienings- en beplanningswerkswinkel gepraat, en sê dat Namibië aan die agterspeen suig met waterverbruik uit die rivier. Planne sal beraam moet word.