Namibië ‘spyt Israel nie beveel om oorlog te stop’

Die Internasionale Geregshof in Den Haag het beveel dat Israel aksie moet neem om volksmoordgeweld deur sy gewapende magte te voorkom; die aanhitsing tot volksmoord te voorkom en te straf; en verseker dat humanitêre hulp aan Gaza besorg word. Die adjunk-eerste minister van Namibië, Netumbo Nandi-Ndaitwa, het reageer op die uitspraak en verwelkom die tydelike maatreëls. Sy sê Namibië is wel spyt dat die hof nie vir Israel beveel het om hulle militêre bedrywighede in Gaza stop te sit nie.