Namibië se steun aan SA in Israel-saak ‘nie nadelig’

Die Suid-Afrikaanse politieke kommentator Andre Duvenhage sê die Internasionale Geregshof se uitspraak in die saak wat Suid-Afrika teen Israel oor Gaza gebring het, word in die buurland en Namibië verpolitiseer vir politieke gewin. Hy sê albei lande kan duur betaal vir hul sienings, veral omdat Namibië baie ontwikkelingshulp van Duitsland kry, en Duitsland na aan Israel is in die oorlog. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder Rui Tyitende gepraat wat sê internasionale boeliery kan nie soewereine nasies verhoed om beleidsbesluite te maak nie.