Namibië se reën hang alles van Freddy af en wat hy gaan doen

Freddy is nou in sy 36ste dag en moker Namibië se reënpatrone. Kenners meen dat as die sikloon, wat op die oomblik in Mosambiek woed, noordwes beweeg, Namibië se reënseisoen gered kan word maar, modelle toon dat hy moontlik ‘n u-draai kan maak terug see toe wat ons reën daadwerklik sal beëindig. Die bekende Namibiese weerkenner George van der Merwe van Aranos verduidelik.

Daar is ‘n hoëdruk stelsel oor die binneland en in die volgende week is daar nie noemenswaardige kanse vir reën nie. Die goeie nuus is dat daar nog ses weke oor is met veral hoop vir die Suide.