Namibië se PstBet op pad na DRK

PstBet, ‘n Namibiese sport-weddenskap maatskappy, is gemagtig om die Demokratiese Republiek van die Kongo-mark te betree, nadat hy in Augustus met sy werksaamhede in Botswana begin het. Die maatskappy sal betrokke wees by aanlyn sportweddenskappe en aanlyn virtuele digitale speletjies, volgens die DRK-goedkeuring. PstBet, wat deur jong Namibiërs gestig is en besit word, is ‘n belangrike borg van sokker en ander nasionale byeenkomste. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Michael Seibeb, PstBet se senior operasionele bestuurder, wat meer vertel van die maatskappy se uitbreidingsreis.