Namibië se olie-ontdekkings genoem as een van COP29 se uitdagings

Verlede jaar se COP28-beraad in Doebai het geëindig met lande wat vir die eerste keer ooreengekom het om oor te skakel van fossielbrandstowwe in energiestelsels met die besluit wat groot lof ontlok het. Maar, sedertdien het beide die gebruik en verkoop van fossielbrandstof wêreldwyd aanhou styg, terwyl nuwe gebiede goedgekeur is vir olie- en gasproduksie in lande soos Namibië, die Verenigde State, Guyana en die COP29 gasheerland Azerbeidjan. Kenners meen die beste waarop gehoop kan word tydens die huidige beraad is dat sommige lande kan aandring op ‘n stilstand in nuwe steenkoolaanlegte.