Namibië se hulpbronne moet tot voordeel van Jan Alleman benut word

Sedert verlede jaar se twee olie-ontdekkings aflandig van die Namibiese kus, het Namibië ‘n middelpunt geword vir olie- en gas-eksplorasie. Talle Namibiërs is egter bekommerd en deeglik bewus van die hulpbron-vloek wat steeds by baie ontwikkelende lande spook, gedryf deur ‘n onversadigbare dors na energie om hul ekonomieë aan die gang te hou. As gevolg van hierdie drang, buit talle magtige lande dikwels ontwikkelende lande uit. Kosmos 94.1 Nuus het met Manuel Ngaringombe sekretaris-generaal van die Popular Democratic Movement gesels oor wat die amptelike opposisieparty se plan is om te verseker dat die land voordeel trek uit sy hulpbronne.