Namibië se groei-vooruitsigte positief
Moody’s Investor Services het Namibië se soewereine kredietgradering op B1 behou en sy vooruitsigte van stabiel na positief opgegradeer. Finansminister Iipumbu Shiimi het in sy ministeriële verklaring in die parlement gesê dit weerspieël Namibië se verbeterde groeivooruitsigte. Daar is nuwe beleggings in mynboubedrywe, asook die vooruitsig van beduidende nuwe koolwaterstof- en hernubare energie-hulpbron ontwikkelings. Shiimi sê Namibië is op twee kredietgraderingsagentskappe ingeteken, Moody’s en Fitch Ratings, om versekering te verskaf en die regering se vermoë om sy skuldverpligtinge na te kom, te meet.