Namibië se GBV-syfers skok

Unam Cares en die Multi-navorsingsdienste, in samewerking met die Universiteit van Oos-Finland, het aangesluit by die wêreldwye oproep vir aksie om gesinsgeweld deur vroeë ingrypings te bekamp en te verminder. Dit is gedoen deur verskeie opvoedkundige en opleidingsaktiwiteite. Verlede jaar het Unam twintig studente uit agt verskillende studiedissiplines as Opleiers van Opleiers opgelei. Dit het die studente toegerus met kennis en vaardighede oor die hantering van gesinsgeweld. By die bekendstelling van ‘n samewerkende video deur die twee universiteite het Unam se visekanselier, Kenneth Matengu, statistieke oor gesinsgeweld in Namibië gegee.