Namibië se ekonomie ‘presteer’ beter as SA s’n

Inflasie bly ‘n uitdaging maar, Suid-Afrika ervaar meer druk weens energietekorte, sy notering op die gryslys en stygende geopolitieke spanning. Dit het verkope in die SA mark en die aansienlike verswakking van die rand tot ‘n hoogtepunt gedryf. Ten spyte hiervan het die Namibiese mark egter veerkragtig vertoon. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Robert McGregor gesels oor die redes hiervoor.