Namibië sal beraad vir jeug in toerisme aanbied
Namibië het weer die bod gewen om die Afrika Jeug in Toerisme-beraad vir die volgende drie jaar aan te bied. Volgens die omgewingsministerie sal die vyfde beraad van 30 Mei tot 2 Junie op Swakopmund plaasvind. Die vierde beraad het in 2022 in Windhoek plaasgevind. Die ministerie sal in samewerking met Suid-Afrika en die Verenigde Nasies se Wêreldtoerisme-organisasie werk om die geleentheid aan te bied. Dit is die enigste Pan-Afrika-jeugberaad wat ‘n platform vir die jeug in toerisme-besighede bied.