‘Namibië sal Ahtisaari met deernis onthou’

President Hage Geingob is op pad na Finland, waar hy die begrafnis van die land se voormalige president, Martti Ahtisaari, sal bywoon. Ahtisaari is op 16 Oktober in Helsinki, Finland in die ouderdom van 86 oorlede. Hy was as spesiale verteenwoordiger van die Verenigde Nasies in Namibië die leier van Untag, die organisasie se oorgangshulpgroep. Dr. Riaan Eksteen, Suid-Afrika se eerste ambassadeur in Namibië, het meer met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.