Namibië, SA ‘in moeilike situasie weens hul alliansies’

Ontwikkelende lande, wat dikwels in die “Globale Suide” groepeer word, vat nie altyd die Weste se kant in sy kritiek op Rusland en China nie. Hulle prioritiseer soms hul ekonomiese ontwikkelingsbande met hierdie magte en voel dat die Weste nie hul bekommernisse aanspreek nie. ‘n Nuwe geopolitieke verdeling het ontstaan ten opsigte van buitelandse- en veiligheidsbeleide. Die voortslepende oorlog tussen Palestina en Israel vererger die kwessie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse politieke ontleder professor Andre Duvenhage gesels, wat sê Namibië en Suid-Afrika is in ‘n moeilike situasie weens hul alliansies.