Namibië-projek wil Afrika se eerste groen gemeenskap wees

Die Daures Green Hydrogen Village sal Afrika se eerste 100 persent netto-nul groen gemeenskap wees, in die hartjie van die Erongo-streek. Die projek sal die volhoubare produksie van groen waterstof en ammoniak uit hernubare bronne ten toon stel, groen waterstoftoepassings demonstreer en ‘n groen waterstofekonomie met uitvoerpotensiaal vir waterstofderivate loods, terwyl navorsingsgeleenthede vir plaaslike en internasionale studente geskep word. Die projek het veral ten doel om Namibië se eerste groen waterstof en ammoniak te vervaardig na die voltooiing van sy loodsfase. Die uitvoerende beampte van die Daures Green Hydrogen Village, Jerome Namaseb, vertel hoe ver die projek is. Die groep soek nog finansiering vir ammoniumsulfaat-kunsmis wat hulle wil produseer.