Namibië presteer uiters goed met MIV

Namibië se beleggings in die beheer van MIV het gelei tot ‘n afname van 65 persent in die aantal nuwe infeksies, en ‘n afname van 74 persent in MIV-verwante sterftes sedert 2004. Lewensverwagting het met 12 jaar toegeneem van 51 jaar in 2001 tot 63 jaar in 2020. Namibië is een van die eerste sogenaamde hoëlas MIV-lande wat epidemiese beheer benader het volgens die UNAIDS se 95-95-95-proses. Daar is 92 persent van mense wat met MIV leef wat bewus van hul status, 99 persent van hulle is op MIV-behandeling en 94 persent word viraal onderdruk. Namibië het aansienlike vordering gemaak in die voorkoming van moeder-na-kind-oordrag. In 2022 het die land ‘n universele dekking van meer as 95 persent behaal. Intussen word die goedkeuring van spesifieke kinderbehandeling vir MIV deur die gesondheidsministerie geloof.