Namibië op pad na COP28 in Dubai

Namibië se COP28-paviljoen is met meer as 1,8 miljoen Namibiese dollar geborg deur 11 maatskappye. Dit is vandag by die oorhandiging van die borgskappe in Windhoek onthul. Die COP28 is geskeduleer van 30 November tot 12 Desember in Dubia in Verenigde Arabiese Emirate. Vanjaar se COP28 sal daarop fokus om fossielbrandstowwe uit te faseer en ’n nuwe klimaatskadefonds te skep. Namibië se Omgewingskommissaris, Timoteus Mufeti, het gepraat oor die belangrikheid van die COP28 en waarvoor Afrika gaan vra.