Namibië ‘n groter liefling vir beleggers as Suid-Afrika

Suid-Afrika blyk om uitdagings te hê met drie oliereuse. BP, Shell en TotalEnergies wat bedrywighede daar afskaal terwyl die maatskappye uiters besig is in Namibië. Dit spreek boekdele oor die land se beleggingsklimaat en Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die deurwinterde ekonoom, dr. John Steytler, ook uitvoerende hoof van die Ontwikkelingsbank van Namibië.