Namibië moet waarde toevoeg aan uitvoer-goedere

Volgens ‘n verslag deur die Wêreldhandelsorganisasie het Afrika se uitvoere van intermediêre goedere in 2021 265 miljard Amerikaanse dollar beloop, wat teen ‘n gemiddeld van 15 persent jaarliks van 2019 tot 2021 gegroei het. Intermediêre goedere verwys na insette, uitgesluit brandstof, wat gebruik word om ‘n finale produk te produseer en is ‘n aanduiding van die aktiwiteit in voorsieningskettings. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gesels oor wat die geval in Namibië is. Erastus sê dat Namibië beter daaraan toe sal wees om die finale produk uit te voer.