Namibië moet teen Mei ’25 van gryslys af wees
Die regering het tegniese bystand van die EU se globale fasiliteit vir die bekamping van geldwassery en die finansiering van terrorisme versoek om verslagdoening oor voordelige eienaarskap te verbeter. Dit kom na die land op die sogenaamde gryslys van die Finansiële Aksie-taakmag geplaas is. ‘n Werkswinkel word met belanghebbendes gehou met die doel om Namibië te help om van die gryslys af te kom. Die uitvoerende direkteur van die handelsministerie Sikongo Haihambo…