Namibië moet ‘n plant-olie sektor skep

Die Namibiese Akkerbouraad het ‘n verslag oor plantaardige olies vrygestel en aanbeveel dat boere in die sektor belê. Die land het tussen 2022 en 2023 meer as 800 miljoen Namibiese dollar bestee op die invoere. Sonneblom-olie is die belangrikste kookolie wat in Namibië verbruik word met die hoogste verbruik ooit in 2019 aangeteken – op 24 908 metrieke ton. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Auguste Fabian, die raad se skakelbeampte, wat entrepreneurs aanmoedig om in plant-olie produksie te belê.