Namibië ‘moet deel word van deursigtigheid-inisiatief’

Die Extractive Industries Transparency Initiative wat saam met die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing ‘n seminaar gehou het oor deursigtigheid vir die bedryf in die land, het vele kommentare opgelewer. Total Energies is tans besig met eksplorasie vir olie in die land en is klaar deel van die EITI. Laurent Roche, die besturende direkteur van Total Energies in Namibië, sê dit is nou die regte tyd vir die om deel van die gesprekke te wees, om deel van die inisiatief te word.