Namibië ‘moet APRM-aanbevelings implementeer’

Die Afrika Eweknie-Beoordelingsmeganisme, of APRM, waarin Namibië vir die eerste keer in 2022 beoordeel is, se oorsig is vandag deur president Nangolo Mbumba bekendgestel. Die primêre doel van die meganisme is om die aanvaarding van beleide, standaarde en praktyke te bevorder wat kan lei tot politieke stabiliteit, hoë ekonomiese groei, volhoubare ontwikkeling en versnelde streeks- en kontinentale ekonomiese integrasie. Die voorsitter van die APRM Nasionale Beheerraad, ambassadeur Wilfried Emvula, sê dat die land die aanbevelings moet implementeer.

President Mbumba het bygevoeg dat Namibië ‘n nasionale sekretariaat sal moet aanstel om die aanbevelings in die oorsig te implementeer.